Dit was glo tweede rooftog in twee dae

Mnr. Marius Potgieter

Jun 02 2009 10:23:06:630PM – (SA)

Daniëlla du Plooy

’n Dag voordat mnr. Marius Potgieter in ’n veiligheidskompleks in Weltevredenpark, Roodepoort, doodgeskiet is, is ’n vrou by dié kompleks glo ook oorval en met ’n geweer aangehou.

Potgieter (33) is Vrydag tydens ’n rooftog doodgeskiet. Hy is voor sy stiefdogter, me. Sherrie Hulley (20), haar kêrel, mnr. Chrizaan van der Merwe (23), en Chrizaan se ma, me. Rita van der Merwe (45), in die woonstel geskiet.

Die moordenaar het met ’n vuurwapen, kontant en twee selfone weggekom.

Volgens mnr. Philip Vorster, me. Van der Merwe se vriend, was sy laatmiddag besig om die woonstel te ontruim.

“Rita het ’n woonstel in die kompleks, Devon Valley 2, gehuur en was besig om haar besittings in haar motor te laai, want sy sou by my kom intrek. Toe sy by die woonstel in is, het ’n man by die deur ingekom.”

Hy het glo heeltyd gevra waar Van der Merwe se skootrekenaar is. Toe sy sê sy het dit reeds in die motor gelaai, het hy haar met draad vasgebind en op die grond laat lê. Hy het geld en selfone gevat.

Volgens Hulley het sy, mnr. Van der Merwe en Potgieter in dié stadium niksvermoedend by die woonstel opgedaag.

“Die rower het die twee mans ook vasgebind. My stiefpa, wat in die veiligheidsbedryf gewerk het, het ’n geweer by hom gehad. Hy het die rower probeer keer – vermoedelik omdat hy my nie vasgebind het nie en Marius bang was hy sou my seermaak.”

’n Struweling het tussen die twee mans ontstaan en die rower het Potgieter met sy (die rower se) geweer geskiet. Die koeël is deur sy lyf.

“Ek het buitentoe gehardloop, om hulp geroep en die motor se toeter begin druk,” het Hulley gesê. “Die rower het buitentoe gekom, maar toe hy my sien, het hy oor die heining gespring.”

Me. Van der Merwe het Vorster gebel, wat hom dadelik daarheen gehaas het.

“Ek het die polisie probeer bel, maar die 10111-noodnommer het glad nie gewerk nie,” het Vorster gesê.

“Ons het onlangs ook by ’n buurvrou verneem sy is ’n dag vantevore beroof en met ’n geweer aangehou. Dit was vermoedelik dieselfde rower.”

Potgieter is in die hart geskiet en vyf minute later op die toneel dood. ’n Saak van moord en gewapende roof is by die Honeydew-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Niemand is nog aangekeer nie.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2525801,00.html

Advertisements

2 thoughts on “Dit was glo tweede rooftog in twee dae”

  1. Na amper n jaar (29/05/2009) is die saak nog steeds nie uitgeklaar nie die polisie was baie rats in die begin en het die selfone terug gekry en glo iemand arresteer, velde deursoek en uittogte gehou, maar nou het alles tot n stilstand gekom ons hoor glad nie van hulle af nie en daar is glo n beloning uitgemaak vir die persoon wat die boef vang want so man hoort nie op straat nie alhoewel; ek het laas jaar in ons plaaslikke koerante n skets identies aan die skets wat ek verskaf het aan die polisie gesien in die koerant hierdie keer is hy op vir “RAPE ” maar tog kry niemand hom nie en DANKIE aan God se liefde en my Stiefpa se beskerming was dit nie ek wat verkrag was nie. Iets moet drasties gedoen word SO kan dit nie aangaan nie. Ek wil weet wat met die vent gebeur het wat in besit van die selfone was en wat gaan ons “Pligs getroue” polisie nou doen? Ek glo hulle moet al hoe meer gereeld die velde ondersoek soos DAAI ENE DAAR in weltevreden SOOOOOOOOOOOO groot sukses het van daar af gekom maar slegte ding is hulle doen dit net een keer, mense word dopgehou vanaf daai veld en so word sondes gepleeg!

    EK IS RAAD OP EN MOEG OM DEUR DIAAI AAND OOR EN OOR TE GAAN EN SAL NOOIT WERKLIK BETER KAN VOEL NIE MAAR OM TE WEET DAT DAAI PERSOON OPGESLUIT IS SAL MY GROOT VERLIGTING BRING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    DANKIE LEWE NOGSTEEDS IN VREES

    SHERRIE HULLEY

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s