Man lag toe hy pa doodskiet

Mnr. Ernest Stieler

Jun 18 2009 09:55:59:587PM – (SA)

Daniëlla du Plooy

’n BMW-bestuurder het ’n pa langs sy twee seuns doodgeskiet in ’n vermeende padwoedevoorval en “gelag terwyl hy die sneller getrek het”.

Die polisie het ’n identikit uitgereik van die man wat mnr. Ernest Stieler (39), ’n vervoerbestuurder by UTi Sun Couriers, op 16 Mei op die R562 noord van Johannesburg met ’n silwer rewolwer in die bors geskiet het.

Die moontlikheid word ondersoek dat dit ’n padwoede-aanval was, het supt. Sefako Xaba, Gautengse polisiewoordvoerder, gesê.

Stieler se broer, mnr. Lucas Stieler, was kort ná die voorval op die toneel. Hy het gister aan Beeld gesê Ernest en sy twee seuns (13 en 16) het die betrokke Saterdag omstreeks 18:00 in ’n seegroen Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie op die R562 (Olifants-fonteinweg) in die rigting van Midrand gery. Die Stielers woon in Midrand.

“ ’n Swart BMW X5 met getinte vensters en ’n GP-nommerplaat het agter hulle gery,” het Xaba gesê.

“Die verdagte, saam met drie insittendes, het sy ligte geflikker. Toe Stieler nie na links beweeg het nie, het die verdagte tot langs hom gery.”

Volgens Xaba het die motorbestuurder ’n skoot op Stieler geskiet. Hy is in die bors getref en op die toneel dood. “Die verdagte het weggery.”

Stieler het ’n verkeerslig genader en reeds begin spoed verminder toe hy geskiet is. Een van sy seuns het die handrem opgetrek wat die motor tot stilstand gebring het.

Volgens Lucas Stieler het die twee seuns traumaberading ontvang.

“Hulle het egter aan my gesê die man het vir hulle gekyk en gelag terwyl hy die sneller getrek het. Dít krap aan hulle.”

Die seuns het gehelp om ’n identikit van die verdagte – ’n swart man in sy 30’s, oorgewig en met ’n kaalgeskeerde kop – saam te stel.

Daar was glo onder andere ’n swart vrou met lang, krullerige hare in die motor saam met hom.

Enigiemand met inligting kan insp. J Faull, ondersoekbeampte, bel by 082 301 2410 of ’n anonieme wenk laat by Crime Stop 08600 10111.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2531002,00.html

Advertisements

One thought on “Man lag toe hy pa doodskiet”

  1. Vergeet van padwoede, maar as hy my ligte flits, koer dit my moer. Sodra hy dan langs my inkom, maak ek my reg om die bliksem van die pad te druk. Ek kry my gesin veilig van punt A na punt B, maak nie saak wat nie. Ek daag enige een van die lafhaards uit om te kom kak soek met my, want hulle gaan seer kry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s