Vrou opgeneem vir skok ná moord

Jul 31 2009 10:19:08:863PM – (SA)

Vrou keelaf gesny in huis

’n Vrou wat ten tyde van die wrede moord op ’n Krugersdorpse arbeidsterapeut in dieselfde huis was, is gister weens skok vir slaapterapie in ’n Wes-Randse kliniek opgeneem.

Me. Elsa Mangolias het haar seun, Gerald Hawkins (9), Woensdag na me. Marinda O’Dell se huis in Noordheuwel vir sy gereelde arbeidsterapiesessie geneem. O’Dell (48) het hulle ingelaat en na haar 17-jarige dogter Alicia gaan soek, wat toe reeds bewusteloos was nadat sy met ’n breekyster aangerand en gewurg is.

Die aanvallers het O’Dell verskeie kere in die hoofslaapkamer met ’n mes gesteek en haar keel afgesny.

’n Familielid van Mangolias het gesê haar seun sal ook traumabehandeling moet kry, al het hy “gelukkig nie die moord sien gebeur nie”.

Intussen het een van die twee vermeende moordenaars wat die polisie kort ná die aanval in hegtenis geneem het, ’n bekentenis voor ’n landdros afgelê.

Mnr. Phetole Cedrick Lebea (28), wat in Munisieville aangekeer is, het gister ook saam met mnr. Mphaphantshi Stanley Mabulana (27) in die Krugersdorp-landdroshof verskyn. Die saak is tot volgende Vrydag uitgestel. – Amanda Roestoff

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2544185,00.html

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s