ANC gaan hof toe oor ‘Skiet die boer’

2010-03-28 12:17

Johannesburg – Die ANC is verstom dat die hof nie die party geraadpleeg het voor die beslissing dat die Struggle-lied “Skiet die boer” onwettig is nie.

Die party wil nou die beslissing in die konstitusionele hof daag.

Die ANC meen die hof sou anders beslis het indien dit die regerende party geraadpleeg het.

Die lied is onder die spervuur ná ANC-jeugleier Julius Malema vroeg in Maart by ‘n studentebyeenkoms in Johannesburg “Skiet die Boere, hulle is verkragters!” gesing het.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) is voorts toegegooi onder klagtes teen Malema.

Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag beslis dat dit ongrondwetlik en onwettig is om die woorde van die kontroversiële lied te sing volgende ‘n interdik vandeesweek deur ‘n sakeman in Delmas.

Die sakeman, Willem Harmse, wou verhoed dat sy kollega Mahomed Vawda die lied gebruik op plakkate tydens ‘n optog teen die hoë misdaadsyfers in Mpumalanga en Gauteng.

– Sapa

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/dbda02a6557e44b5b873759e4fe48540/28-03-2010-12-17/ANC_gaan_hof_toe_oor_Skiet_die_boer

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s