25 beeste se bene afgekap

2010-04-28 16:10

Johannesburg – Sowat 25 beeste wat in Elandsfontein gesteel is, is in Lawely gevind met hulle bene afgekap, het die polisie Woensdag gesê.

Die beeste was almal vrek.

Volgens kapt. Mbulaheni Netshivhodza, polisiewoordvoerder, was die beeste deel van ‘n trop van sowat 90 wat Dinsdagaand gesteel is.

Die eienaar van die beeste het van die diefstal verneem nadat hy ‘n anonieme oproep ontvang het wat gesê het dat hy die beeste in Lawley sal vind.

Volgens Netshivhodza is sowat 33 beeste lewend buite Lawley opgespoor.

“Hulle het later op sowat 25 beeste afgekom wat se bene afgekap is. Nog beeste is later gevind,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

– Sapa

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/25-beeste-se-bene-afgekap-20100428

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s