Regering ruk ‘regse bedreiging’ uit verband

deur Koos Fourie skryf per e-pos
2010-05-07 22:02

Dis ’n voldonge feit dat die ANC besig is om uitmekaar te spat, aangehelp deur ’n sekere uitgesproke karakter wat ons eintlik ’n groot guns bewys het (dankie, Malema, nou weet almal wat die ANC regtig is).

Nou soek hulle sensasie oor regses wat gearresteer word.

En dit kom “toevallig” net op die regte tyd, so reg voor die sokker.

Dus, die bedreiging is nie meer misdadige elemente wat babas en oumense doodmartel waaraan ’n lamsakkige regering niks doen nie, maar “regse elemente” wat sommer van “hoogverraad” aangekla word.

Wat ’n sappige storie.

Die afleiding word dus gemaak dat die Boere woes is en dat sokkerondersteuners lig moet loop vir hulle – “hulle gaan julle met bomme bestook”.

Dit lei beslis die aandag af van ’n vrotsige regering wat op groot skaal droogmaak.

Nee wat, hierdie ding word heeltemal uit verband geruk.

As dit op ’n ander tyd was, sou ek dit dalk geglo het.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Regering-ruk-regse-bedreiging-uit-verband-20100507

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s