Eers brand huis en toe word sy geskiet

2010-05-17 22:15
Buks Viljoen

’n Vrou is die naweek op ’n plaas buite Carolina in die been gewond, net meer as ’n maand nadat haar houthuis aan die brand gesteek is.

Me. Cornelia de Wet (32) was omstreeks 12:30 in een van die skaapkrale op die plaas Kwaggafontein toe sy ’n skoot gehoor klap het.

Sy het ’n brandpyn aan haar been gevoel en gesien haar regterkuit bloei.

Haar broer, mnr. Jan de Wet, het gesê hulle vermoed ’n geweerkoeël wat van ver af geskiet is, het sy suster gewond.

Me. De Wet is ná behandeling in die provinsiale hospitaal in Carolina ontslaan.

Volgens haar broer is dit die vyfde keer sedert die brand op die plaas op 17 April dat misdadigers hulle teiken.

Sy en haar dogters, Cornelia (11) en Joey (2), het dié aand in die houthuis geslaap toe sy van die rook wakker geword het.

Sy kon nie die deur oopmaak nie omdat iemand die slot met ’n stuk draad toegebind het.

Toe sy per radio hulp van haar ouers, mnr. Jan en mev. Nelie de Wet, in hul opstal sowat 50 m daarvandaan vra, het die aanvallers op dié twee losgebrand.

’n Oor-en-weer-skietery van byna twee uur het gevolg voordat ander hulp op die plaas opgedaag het.

Mnr. De Wet jr. het gesê sedert die brand is daar verskeie kere by store op die plaas ingebreek en die voertuie op die plaas is onlangs ook beskadig.

“Iemand wil ons van ons familieplaas afdwing, maar ons weet nie wie nie. Ons plaas is die enigste in die hele gebied waarop daar nie ’n grondeis is nie.”

Volgens hom weier die polisie om ’n klag te ondersoek.

Konst. Isaac Aphane, polisiewoordvoerder, het gister bevestig hulle is bewus van die voorval.

“Ons was op die plaas, maar het nie ’n klag geregistreer nie omdat die klaer nie weet wie haar beseer het nie.”

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Eers-brand-huis-en-toe-word-sy-geskiet-20100517

Advertisements

One thought on “Eers brand huis en toe word sy geskiet

  1. Bog! Wie weet tog wie hulle beroof?deur Christa van Parys2010-05-18 22:26Ek was geskok om die berig “Eers brand huis en toe word sy geskiet” (Beeld, 18 Mei) te lees.Die deel wat my die meeste geskok het, is: “Ons was op die plaas, maar het nie ’n klag geregistreer nie omdat die klaer nie weet wie haar beseer het nie.”Absolute bog! Hoe kan die polisie weier om die saak te ondersoek omdat die klaer nie weet wie haar beseer het nie?Hoeveel mense in Suid-Afrika wat klagte by die polisie registreer, weet wie hulle beroof of aangeval het?Me. Cornelia de Wet en haar familie word geteiken en die polisie weier om die saak te ondersoek.Dis pateties!Beveilig uself, me. De Wet, want die polisie is nie in staat om dit te doen nie. Ons bid vir u.Oorsprong:Beeldhttp://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Bog-Wie-weet-tog-wie-hulle-beroof-20100518

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s