10 ‘polisielede’ slaan toe op verkeerde huis

2010-06-09 06:42
Amanda Roestoff

Sowat tien mans in polisie-uniforms en met R5-aanvalsgewere en dienswapens het die skuifdeur van ’n gesinshuis in Roodepoort gister kort ná middernag oopgebreek en daarop aangedring om die huis deur te soek.

Die huiseienaar, Marius Claassen (41), het op ’n lasbrief aangedring. “Toe sê hulle net: ‘Oooeeeee… dis dan die verkeerde huis’ en ry weg.”

Claassen, bestuurder van Ciao Baby Cucina, ’n re­staurant in die Clearwater-winkelsentrum, het gesê ’n lawaai buite sy huis in Florida het hom kort ná middernag wakker geruk.

’n Swart Volkswagen-mikrobus en ’n sedan met sowat tien polisielede het Claassen se erf op die hoek van Westlaan en The Highway bestorm.

“Hulle het aan die deur gehamer en geëis dat ek oopmaak.”

Terwyl Claassen die sleutel gesoek het, het die mans vermoedelik ongeduldig geraak en “dalk gedink iets word weggesteek”. Die volgende oomblik het hulle die skuifdeur se slot gebreek en die deur oopgeruk.

Hulle wou toe weet hoekom hy so lank neem om die deur oop te maak, het Claassen vertel.

“Ek het verduidelik hulle weet mos in watter omstandighede ons in die land leef… Sou ’n redelike man nie ook versigtig gewees het om oop te maak nie?”

“’n Groot, vet man in siviele klere”, glo ’n bevelvoerder van ’n intelligensie-eenheid, het toe gesê hulle is besig om na “kriminele te soek” en het Claassen se adres in inligting ontvang.

Hulle wou volgens Claassen nie sê aan watter polisiekantoor hulle verbonde is of hul range of name gee nie.

’n Polisie-identiteitskaart of twee is wel voor hom rondgeswaai, maar hy kon nie in die donker sien of dit eg is nie.

“Hulle wou selfs weet of iemand bedags by die huis is. Wat het dit met hulle te doen?

“Eers het die ‘offisier’ grappies gemaak oor hoe ek nie moet worrie dat hul na my vrou se ‘golo’ (Zoeloe vir ’n vrou se geslagsdele) sal kyk nie.”
Claassen se vrou, Michelle (39), het die polisie se noodnommer, 10111, uit die slaapkamer gebel.

Hul kinders, Sabrina (12) en Joshua (7), was in hul kamers.

“Die polisie het nou nog nie opgedaag nie,” het Claassen gesê.

Toe die mans daarop aandring om die huis deur te soek, het Claassen op ’n lasbrief aangebring. Dis toe hulle blykbaar skielik besef het hulle is by die verkeerde huis.

Volgens Claassen het geeneen van hul voertuie nommerplate opgehad nie.

Sy dogter moes gister traumaberading kry weens die voorval.

Kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, woordvoerder van die Florida-polisiekantoor, het gister bevestig ’n noodoproep is kort ná middernag van mev. Claassen ontvang.

“Volgens aantekeninge is die klag omstreeks 00:08 van 10111 na die Florida-polisiekantoor verwys. ’n Polisiebeampte het teen 00:09 daarop gereageer.”

Die beampte wat volgens polisie-inligting in reaksie op die klag na die huis is, kon teen gistermiddag laat nie opgespoor word nie.

Die Florida-polisie het te kenne gegee dat ander eenhede soms in hul polisiëringsgebied werk.

Oorsprong:Nuus24

Advertisements

Volskaalse aanvalle ná WB, sê koerant

Dinsdag, 08 Junie 2010 07:54

Die Zimbabwe Mail beweer Suid-Afrikaanse regeringsamptenare is besig met ‘n komplot om geweld aan te blaas teen wit boere en swart uitlanders. Volgens die koerant word volskaalse aanvalle en gewelddadige plaasbesettings beplan net ná die Sokkertoernooi.

Zimbabwiese ‘oorlogsveterane’ en weermaglede word glo ingespan om die ANC te help en leiding te verskaf met ‘n voorlinie-aanval. ‘n Geheime komitee bestaande uit ANC- en regeringsagente is reeds bedrywig met die identifisering van teikens en die gebruik van aanvalsgroepe, sogenaamde “hit squads”.

ANC-Jeugligalede het pas hul intense opleiding aan ‘n Zimbabwiese militêre kollege voltooi en word in alle provinsies in Suid-Afrika ontplooi vir fyn-beplande en gewelddadige xenofobiese aanvalle, grondroof en plaasbesettings wat glo deur die media as “spontane uitbarstings” beskryf sal word.

Die koerant berig ook dat Tendai Mtawarira, die rugbyster, nie meer vir Suid-Afrika sal speel nie aangesien hy nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie. Hy is blykbaar een van die manne wat deur die Jeugliga “gemerk” is.

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gukule Nkwinti, het wit boere vroeër daarvan beskuldig dat hulle die grondhervormingsplan ondergrawe deur pryse van grond kunsmatig hoog te hou. Hy het gesê swart boere se geduld is op.

Twee jaar gelede, in 2008, is buitelanders in ‘n golf van vreemdelinghaat wat Suid-Afrika oorspoel het, aangeval. Berigte van nuwe geweld ná afloop van die Wêreldbeker word tans uit alle oorde ontvang.

Cormsa, ‘n oorkoepelende liggaam wat Amnestie Internasionaal, die Rooikruis en die Sentrum vir die studie van Geweld en Versoening insluit, sê dié soort dreigemente is volop en diegene wat dreig glo dat hulle die ondersteuning van senior politieke figure het.

Dosyne Zimbawiese vroue wat in Hillbrow deur die Britse koerant, die Guardian, genader is, sê hulle word geïntimideer deur opsigters en mans wat buite hul geboue wat in die nag voor hulle wonings saamtrek.

Ethel Musonza, 32, ‘n moeder van vier, sê die mans beweer dat buitelanders doodgemaak gaan word ná die Wêreldbeker. Sy sê die polisie gaan ook nie ingryp as die aanvallers tot aksie oorgaan nie.

In ‘n plakkerskamp aan die Oosrand, sê aanvallers wat in 2008 aan die geweld teen buitelanders deelgeneem het, dat vlugtelinge en immigrante teen 11 Julie weg moet wees.

Oorsprong:Praag

Malema faces genocide charge

2010-06-08 09:07

Johannesburg – ANC Youth League leader Julius Malema is facing a possible genocide charge at the International Court of Justice in The Hague, Beeld newspaper reported on Tuesday.

An unidentified Rustenburg farmer and his family left South Africa last week for safety fears after deciding to lay the charge against Malema.

Their lawyer, Fanie van der Walt, said the accusations against Malema were sent in writing to the International Court of Justice in the Netherlands on Monday.

The charges relate to Malema singing “shoot the boer”, which the Rustenburg farmer interpreted as inciting youth league supporters to commit genocide against Afrikaans farmers.

Shortly after being rebuked by the ANC, Malema changed the words to “kiss the boer”.

– SAPA

Source:News24

Gesin vlug nadat hulle Malema gaan verkla

2010-06-07 22:27
Susan Cilliers

’n Rustenburgse man en sy gesin is verlede week landuit omdat hulle vir hul veiligheid vrees nadat hy mnr. Julius Malema, die ANC-jeugligaleier, weens volksmoord en misdade teen die mensdom by die internasionale strafhof in Den Haag verkla het.

Die ANC-regering en nog hooggeplaastes word ook gepak, maar nie by die naam genoem in die deel van die dokument waarin die klagte vervat is en wat Beeld gister gesien het nie. Hulle sal wel later geïdentifiseer word.

Die man wie se identiteit aan die hof in Den Haag, maar nog nie aan die media bekend is nie, het uitgebreide boerderybelange, het mnr. Fanie van der Walt, sy prokureur, gister gesê.

Hy sal volgens Van der Walt terugkom na Suid-Afrika en sy identiteit bekend maak sodra die hof in Den Haag sy veiligheid kan waarborg.

Van der Walt het die beskuldigings gister skriftelik aan die hof in Den Haag gestuur.

“Dié hof sal die klagte nou ondersoek en dan dalk ’n klagstaat met strafregtelike aanklagte formuleer.”

Die Rustenburgse man steun in sy aantygings teen Malema en die ANC-regering op die Rome-statuut wat die Verenigde Nasies (VN) opgestel en in Julie 2002 in werking getree het.

Ingevolge daarvan kan selfs opsweping tot volksmoord as volksmoord geklassifiseer word.

Malema en ander hooggeplaastes kom in die dokument wat gister na Nederland gestuur is, onder skoot oor moord, marteling, seksuele misdrywe en diskriminasie teen ’n spesifieke groep mense (Afrikaanse boere).

Misdade teen die mensdom ingevolge internasionale reg sluit onder meer in moord, verkragting, slawerny, onwettige deportasie, onregmatige ontneming van persoonlike vryheid, marteling en gedwonge prostitusie.

Malema word in die dokument daarvan beskuldig dat hy weke aaneen in die nasionale sowel as internasionale media gevra het boere moet vermoor word deur die gewraakte woorde “Skiet die Boer” te sing.

Hy het sy volgelinge daardeur ook tot volksmoord teen Afrikaanse boere aangehits, ondanks herhaalde versoeke en selfs ’n interdik om hom van sulke uitsprake te weerhou, lui die dokument.

Oorsprong:Beeld

FIFA 2010: A celebration of genocide

Steve Hofmeyr, Peter Mokaba and Fifa by solidariteitsa

Home

Imagine if a FIFA World Cup stadium in Germany had been named the Adolf Hitler Stadium. Would Germany have permitted that?

Or FIFA?

Would they just have glossed over the names of those responsible for the deaths of so many?

Why then will FIFA 2010 World Cup matches be played at the Peter Mokaba Stadium?

Peter Mokaba openly encouraged the murder of innocent South Africans and he influenced the South African Government to deny the existence of HIV/Aids.

More than 2 000 farmers have been brutally murdered because of what Mokaba stood for, and more than 10% of our South African population are HIV positive.

FIFA owes the families of the murdered South African farmers and the victims of HIV/AIDS an apology.

Send this letter to Fifa

Dear FIFA

Herewith I would like to express my dismay at the decision to allow international FIFA games to be played at the Peter Mokaba stadium. Mokaba was an inciter of racial hatred and a denialist of HIV/Aids. His actions has caused endless pain and suffering in South Africa. I request of FIFA to take steps to commemorate those who have suffered as a result of farm attacks and HIV/Aids in South Africa.

Click here to send the letter to FIFA.

About Afriforum Jeug.

AfriForum Youth is a civil rights student movement, aimed at promoting autonomy amongst the youth and to improve the circumstances in South Africa by actively campaigning for youth rights.

AfriForum Youth is the fastest growing youth organisation in South Africa and is currently establishing branches at tertiary institutions across the country.

Early in 2010, AfriForum Youth sent a formal letter to FIFA, requesting that the name of the Peter Mokaba Stadium in Polokwane be changed. The FIFA 2010 World Cup Tournament is taking place in South Africa this year. Peter Mokaba was a racist instigator, a promoter of ethnic violence and an HIV-denialist. FIFA refused. Thereafter, AfriForum Youth kindly requested that FIFA remove the glorification of Peter Mokaba from their website and that FIFA commemorates the victims of brutal farm attacks and HIV/Aids during World Cup games.

AfriForum Youth also informed FIFA that we would launch an international awareness campaign about the true legacy of Peter Mokaba, should FIFA continue to treat the South African farm attack victims and the victims of HIV/Aids with contempt.

Get more information about AfriForum Youth.

Source: FIFA 2010 Genocide Web Site
http://www.fifa2010genocide.com/
http://www.youtube.com/watch?v=BZ1Wl3ZNE2c

Straat mag naam van bomplanter hê

2010-06-06 00:25
Gerhard de Bruyn

Die man wat vyf mense gedood en etlike ander vermink het toe hy in 1985 ’n kleefmyn in ’n winkelsentrum in Amanzimtoti geplant het, gaan vereer word deur ’n straat digby dieselfde winkelsentrum wat na hom vernoem gaan word.

Ná ’n uitgerekte hofstryd is dit nou amptelik dat die straat se naam na Andrew Zondoweg verander gaan word.

Die DA en die IVP het Donderdag ’n hofsaak verloor waarin hulle saam dié en nog sowat 100 ander voorgestelde naamsveranderinge deur die Durbanse stadsraad beveg het.

Regter David Ntshangase het in die Durbanse hooggeregshof beslis die voorgestelde naamsveranderinge, waarvan talle reeds op borde in en om Durban pryk, mag voortgaan.

Oorsprong:Rapport

Oue vemoor: Wag vas

2010-06-04 11:15
Virginia Keppler

Beeld

Een van die aanvallers van ’n bejaarde Duitse vrou wat verlede week in haar huis in ’n veiligheidskompleks in Silverton, Pretoria, vermoor is, is glo ’n veiligheidswag wat die kompleks moes bewaak.

Maria Wiing, wat in die 70 was, is verwurg. Sy het alleen gewoon. Haar lyk is Vrydag deur inwoners van die kompleks gevind.

Ses mense is in verband met die moord aangekeer.

Ao. Mike Mbewe, polisiewoordvoerder, het gesê dit is onduidelik wanneer Wiing vermoor is.

Die polisie het onmiddellik na leidrade begin kyk en Woensdag in die vroeë oggendure op ’n huis in Motetema in Limpopo toegeslaan. Wiing se voertuig is hier gekry.

“Van daar af het die polisie verdere leidrade opgevolg tot by ’n huis in Denilton in Mpumalanga waar hulle drie verdagtes gearresteer het,” het Mbewe gesê.

Die polisie het toe teruggery na ’n huis in Mamelodi, Pretoria, waar hulle die wag wat by die kompleks gewerk het, aangekeer het.

Nóg twee mense is in Mamelodi by ’n ander huis gearresteer in verband met Wiing se moord.

Mbewe het gesê die polisie het by al die huise waar mense in hegtenis geneem is, van die slagoffer se besittings gekry. Dit is gekonfiskeer.

Die polisie het ook op ’n gesteelde polisievuurwapen beslag gelê. Die wapen se reeksnommer is afgevyl.

Die aangekeerdes is tussen 25 en 30 jaar oud. Hulle verskyn binnekort in die hof.

Mbewe het die polisielede geloof vir hul vinnige optrede en gesê misdadigers sal uitgesnuffel word, ongeag waar hulle wegkruip.

– Beeld

Oorsprong:Beeld